Die Bosveld Boma
 

Hierdie lapa is geleë twee kilometer vanaf die N1-snelweg en Zambesi-rylaan wisselaar op die Kameeldrift pad wat langs die Poort Laerskool verby gaan.

Grasdakke, ‘n oop vuur en vleisbraai geriewe binne ‘n stukkie Bosveld maak dit ideaal vir funksies, troues ensovoorts.

Daar is ‘n kombuis vir diegene wat self wil onthaal. Daar kan ook gebruik gemaak word van die spyseniersdiens wat beteken dat die sale dan gratis voorsien word.

Maar, wat van die winter?

Hier laat sak ons die sy-kant flappe en steek die oop vuur en kaggel binne aan. Pretoria is gelukkig baie windstil, veral hier agter die Magaliesberg en die beskutting van die bosse.

Hierdie is die ‘bielie van die bosveld’ van gerieflike primitiewe boslapas en het gewone spoeltoilet geriewe ingeval jy vrees ons gaan jou oorlaat aan ‘n verdere bos ervaring!